Wortels en vleuels: In memoriam Hendrik Christo Viljoen (1937-2023)
In memoriam groot Zuid-Afrikaans wetenschapper (in Afrikaans)
Prof. Christo Viljoen.
foto © Twitter - Afrikaanse Taalraad
In Memoriam Hendrik Christo Viljoen: Zuid-Afrikaans wetenschapper, taalstrijder en ingenieur die aan de basis lag van het Stellenbossche Technopark.
Aangeboden door de abonnees van Doorbraak
Dit gratis artikel wordt u aangeboden door onze betalende abonnees. Als abonnee kan u ook alle plus-artikelen lezen. Doorbreek de bubbel vanaf €4.99/maand.
Ik neem ook een abonnementSoms knoop ’n begaafde mens se aktiwiteite só ‘n muurtapyt dat ’n mens daarna kyk en oomblikke in die geskiedenis van ’n volk beter verstaan. Dit geld ook vir die lewe en loopbaan van prof. Christo Viljoen, wat op Vrydag, 13 Januarie 2023, op 85-jarige leeftyd oorlede is.
—Lees de vertaling van dit artikel in het Nederlands onder het Afrikaanstalige, of waag u aan het Afrikaans (tip: lees luidop)—
Viljoen was ’n gedrewe man wat graag nuwe dinge opgebou het. In 1979 het hy dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese by die Universiteit van Stellenbosch (US) geword en in die tydperk 1993-1998 was hy ook die vise-rektor (bedryf). Hy was ’n gekwalifiseerde onderwaterduiker en hy kon ’n helikopter vlieg. Viljoen het egter ook sy kulturele wortels gerespekteer en versorg en sy wetenskaplike en ondernemende vleuels wyd gesprei.
Kultuurpolitieke ekostelsel
Hendrik Christo Viljoen is op 31 Augustus 1937 gebore in Graaff-Reinet, ’n afgeleë dorp in die Karoo naby die Vallei van Verlatenheid. Sy ouers was Hent Viljoen en Anna Pienaar, beide onderwysers. Die Volkskool daar het na ’n plaaslike taalstryd een van die land se eerste Afrikaanse skole geword.
Suid-Afrika sou na sy gedwonge vorming in 1910 ’n land bly waar die ideale, regte en ambisies van tien of meer kultuurgroepe bots of bloei. Baie Afrikaners se belewenis was dat die Britse Ryk en sy topamptenaar Alfred Milner se beleid van gedwonge verengelsing ook na 1910 in die Unie van Suid-Afrika voortduur.
Afrikaners het egter oor dekades ’n kultuurpolitieke ekostelsel opgebou. Onderwysers en skole, predikante en die Nederduits Gereformeerde Kerk, en skrywers en ’n dagblad, Die Burger, het ’n kernrol gespeel in die Wes-Kaap. Bruin sprekers van Afrikaans is egter hiervan uitgesluit en het uiteindelik vanaf 1959 in die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) opvoeding verkry.
Daar word dikwels aangevoer dat kleiner tale in die sakewêreld en tegnologie maar moet buig voor Engels se oorheersing as wêreldtaal. Die historikus Jaap Steyn dui in Ons gaan ’n taal maak aan hoe individue en organisasies op vele terreine gewerk het om Afrikaans as volwaardige akademiese en wetenskapstaal te ontwikkel. Die Universiteit van Stellenbosch (US) en ook Viljoen het hierin ’n belangrike rol gespeel.
Universiteit met ‘n houding
Die historikus Hermann Giliomee beskryf die Universiteit van Stellenbosch as ‘n universiteit met ’n houding. Dit het in 1918 ontstaan uit die Viktoria-Kollege en was die eerste volwaardige universiteit wat oorwegend in Afrikaans as medium klas gegee het. Engelstalige dosente en studente het ’n klein minderheid gevorm. Die Vlaamse historikus Wim Blommaert was onder diegene wat Afrikaans as akademiese taal by die universiteit bevorder het, en was 1926 tot 1933 selfs rector magnificus van die universiteit. Tussen 1919 en 1978 was alle premiers US-alumni.
By die Universiteit van Stellenbosch het opeenvolgende geslagte akademici doelbewus Afrikaners vir die lewe voorberei en vir die professies, die sakewêreld, en die domein van natuurwetenskappe en tegnologie bemagtig. In die vakgebied van ekonomiese en bestuurswetenskappe was dit voor Viljoen se geslag mense soos prof. CGW (Christiaan) Schumann, wat ook die Vlaamse ekonoom Maria de Lange aangestel het. Later was dit tydgenote van Viljoen, ook my vader, Johan Matthee.
Heelwat studente in die 1950s en 1960s was die eerste geslag van Afrikaners wat universiteite bygewoon het. Matieland, die universiteit se alumniblad, was vir dekades ’n eentalig Afrikaanse publikasie.
Wetenskap in Afrikaans
Viljoen het in 1955 by die US begin studeer. In 1957, toe Sowjet-Rusland die eerste kunsmatige satelliet lanseer, was hy een van die mense wat ’n toestel gebou het om die seine van Spoetnik 1 te kan ontvang. Hy is in 1966 aangestel as dosent by die Universiteit van Stellenbosch, waar hy in 1970 professor geword het.
As viserektor (bedryf) van 1993 tot 1998 het Viljoen die verdere ontwikkeling van die Neelsie-studentesentrum gelas, vernoem na die Afrikaanse skrywer CJ Langenhoven. Hy het ook die oprigting van die gebou vir biologiese wetenskappe gemagtig, vernoem na Jan Smuts, premier, stigterslid van die Verenigde Nasies en ook ’n denker oor holisme en ewolusie.
Na ’n tydperk as besoekende professor in Hsinchu, Taiwan in die 1980s, het Viljoen die vader van die Tegnopark buite Stellenbosch geword. Hy het destydse rolspelers oorreed om grond en infrastruktuur te help ontwikkel, met die visie van ’n tegnologiepoort na die res van Afrika. Vandag is dit ’n aktiewe sentrum vir kennisinstellings en prominente bedrywe, hoewel dit nog baie potensiaal het vir ontwikkeling.
Viljoen het die eerste Afrikaanse woordeboek oor elektronika in 1971 geskryf, later ‘n taalwoordeboek oor kubertegnologie. Hy was ook ‘n medeskrywer van die eerste woordeboek oor ruimtetegnologie. Tydens sy hele lewe sou die aanpak van wetenskapsuitdagings in Afrikaans ’n tema bly.
Viljoen se ouers was beide afstammelinge van die 180 Franse Hugenote wat na vervolging in 1688 in Frankryk na die Nederlandse VOC se Kaapse kolonie gevlug het. Die Hugenote se afstammelinge het later leierskapsposisies binne die Afrikaner-samelewing ingeneem buite verhouding tot hulle getalle. Viljoen se belangstelling in genealogie het daartoe gelei dat hy die Viljoens en Pienaars se familieregisters geskryf het. Viljoen self was getroud met Hana Stehlik, ‘n vrou van Tsjeggiese afkoms wat later vlot Afrikaans gepraat het. Hy laat haar, drie kinders en vele kleinkinders na.
Gelyke kanse
Meer as vyftig jaar na Viljoen by die US as dosent begin het, was Suid-Afrika ’n ander politieke orde met ’n ander demografiese profiel. Die hervormings en debatte van die 1980s en die Afrikaner-beheerde republiek was weg. Die Afrikaners se kulturele ekostelsel wat te nou met regerings gekoppel geraak het, het na 1994 platgeval. Te midde van staatsverval en onbeheerde geweldsmisdaad het talle afgestudeerde studente en jong gesinne emigrasie oorweeg.
Nelson Mandela het in 1996 in Stellenbosch genoem dat minstens een universiteit, onder die meer as 26, veral Afrikaans moet dra. Hierdie weg het uiteindelik weens politieke druk en swak leiding deur sommige US-besture begin doodloop. Viljoen, Giliomee en vele ander se veldtog vir ’n gelykberegtigde, inklusiewe Afrikaans het helaas by die US min sukses opgelewer.
Die US het beweeg na ’n plek met ’n meerderheid Engelssprekende studente en baie Engelssprekende dosente uit alle rassegroepe. Matieland, die alumniblad, het eentalig Engels geword. Die meerderheid bruin sprekers van Afrikaans en jong Afrikaners geniet tans in die praktyk nie gelyke kanse om deur hul moedertaal universiteitsopvoeding te ontvang nie.
Universiteitsdebatte om die natuurwetenskappe en tegnologie te dekoloniseer gaan gepaard met protespolitiek en die verval van Suid-Afrika se infrastruktuur en elektrisiteitstelsel. Viljoen het reeds sedert 2015 adviesstukke begin skryf oor hoe huishoudings en gemeenskappe rugsteunstelsels vir elektrisiteit kon oprig.
Vleuels vir Afrikaans
Toe die SA Ruimte-Agentskap in 2015 aankondig dat dit net Engels en twee swart tale as amptelike tale gaan gebruik, het Viljoen daarteen beswaar gemaak. Die swart tale het nie voldoende vakterminologie bevat nie, wat outomaties Engels se oorheersing sou verseker. Daarenteen het die Internasionale Ruimte-Agentskap in 2011 in sy veeltalige woordeboek verkies om Afrikaans in te sluit as die mees ontwikkelde taal in natuurwetenskappe en tegnologie in Afrika.
Viljoen se boodskap destyds sein ook iets oor sy kultuurhouding en die toekoms: ‘Dit is vir Afrikaanssprekendes om te sorg dat Afrikaans nie uit sy ruimtelike wentelbaan ontwentel word deur die onverklaarbare en duidelik polities geïnspireerde besluite van owerheidskant nie.’
Afrikaans loop deesdae die risiko om by die US ’n eensame grenspos te word. Intussen gaan instellings soos Akademia (die privaatuniversiteit van die Solidariteit Beweging, nvdr) egter voort met die bou van ’n nuwe kulturele ekostelsel en ’n gemeenskapsuniversiteit. Hulle sal met nuwe vleuels die velde van menswees in Afrikaans verken.
Nederlandstalige versie
Soms vormen de activiteiten van een hoogbegaafde zo’n tapijt dat men ernaar kijkt en momenten in de geschiedenis van een natie beter begrijpt. Dat geldt ook voor het leven en de loopbaan van prof. Christo Viljoen, die op vrijdag 13 januari 2023 op 85-jarige leeftijd overleed.
Viljoen was een gedreven man die graag nieuwe dingen bouwde. In 1979 werd hij decaan van de Faculteit Ingenieurswetenschappen van de Universiteit van Stellenbosch (SU) en in de periode 1993-1998 was hij tevens vicerector (operations). Hij was een gekwalificeerde onderwaterduiker en hij kon een helikopter besturen. Maar Viljoen respecteerde en koesterde ook zijn culturele wortels en spreidde zijn wetenschappelijke en ondernemende vleugels wijd uit.
Cultureel politiek ecosysteem
Hendrik Christo Viljoen werd op 31 augustus 1937 geboren in Graaff-Reinet, een afgelegen stadje in de Karoo nabij de Vallei van Verlatenheid. Zijn ouders waren Hent Viljoen en Anna Pienaar, beiden onderwijzers. De Volkskool daar werd een van de eerste Afrikaanse scholen van het land na een lokale taalstrijd.
Na de gedwongen vorming in 1910 zou Zuid-Afrika een land blijven waar de idealen, rechten en ambities van tien of meer culturele groepen met elkaar in botsing kwamen of bloeiden. De ervaring van veel Afrikaners was dat het Britse rijk en zijn topfunctionaris Alfred Milner’s beleid van gedwongen verengelsing ook na 1910 werd voortgezet in de Unie van Zuid-Afrika.
Een eigen cultureel-politiek ecosysteem
Maar Afrikaners hebben in de afgelopen decennia een cultureel-politiek ecosysteem opgebouwd. Leraren en scholen, dominees en de Nederlandse Hervormde Kerk, en schrijvers en dagblad Die Burger speelden een sleutelrol in de Westkaap. Bruine sprekers van het Afrikaans werden hiervan echter uitgesloten en kregen uiteindelijk vanaf 1959 onderwijs aan de University of the Western Cape (UWK).
Vaak wordt beweerd dat kleinere talen in de wereld van zaken en technologie moeten buigen voor de dominantie van het Engels als wereldtaal. De historicus Jaap Steyn belicht in We gaan een taal maken hoe individuen en organisaties op velerlei gebied hebben gewerkt aan de ontwikkeling van het Afrikaans als een volwaardige academische en wetenschappelijke taal. De Universiteit van Stellenbosch (SU) en ook Viljoen speelden hierin een belangrijke rol.
Universiteit met een instelling
De historicus Hermann Giliomee omschrijft de Universiteit van Stellenbosch als een universiteit met een attitude. Het ontstond in 1918 uit het Viktoria College en was de eerste volwaardige universiteit die voornamelijk les gaf in het Afrikaans. Engelstalige docenten en studenten vormden een kleine minderheid. De Vlaamse historicus Wim Blommaert promootte onder meer het Afrikaans als academische taal aan de universiteit, en was zelfs rector magnificus van de universiteit van 1926 tot 1933. Tussen 1919 en 1978 waren alle premiers alumni Van Stellenbosch.
Aan de Universiteit van Stellenbosch hebben opeenvolgende generaties academici Afrikaners doelbewust voorbereid op het leven en hen in staat gesteld om beroepen, de zakenwereld en het domein van natuurwetenschappen en technologie uit te oefenen. Op het gebied van economische en managementwetenschappen was het vóór de generatie van Viljoen dat mensen als prof. CGW (Christian) Schumann, die ook de Vlaamse econoom Maria de Lange aanstelde. Later werden het tijdgenoten van Viljoen, ook mijn vader, Johan Matthee.
Veel studenten in de jaren vijftig en zestig waren de eerste generatie Afrikaners die naar universiteiten gingen. Matieland, het alumnimagazine van de universiteit, was decennia lang een eentalige Afrikaanse publicatie.
Wetenschap in het Afrikaans
Viljoen begon in 1955 aan de SU te studeren. In 1957, toen Sovjet-Rusland de eerste kunstmatige satelliet lanceerde, was hij een van de mensen die een apparaat bouwde om de signalen van Spoetnik 1 te ontvangen. Hij werd in 1966 aangesteld als docent aan de Universiteit van Stellenbosch, waar hij in 1970 hoogleraar werd.
Als vicerector (bedrijfsvoering) van 1993 tot 1998 gaf Viljoen leiding aan de verdere ontwikkeling van studentencentrum Neelsie, vernoemd naar de Afrikaanse schrijver CJ Langenhoven. Hij gaf ook toestemming voor de bouw van het gebouw voor biologische wetenschappen, vernoemd naar Jan Smuts, premier, stichtend lid van de Verenigde Naties en ook een denker over holisme en evolutie.
Toegangspoort ot Afrika
Na een periode als gastprofessor in Hsinchu, Taiwan in de jaren tachtig, werd Viljoen de vader van het Technopark buiten Stellenbosch. Hij haalde destijds hoofdrolspelers over om land en infrastructuur te helpen ontwikkelen, met de visie van een technologische toegangspoort tot de rest van Afrika. Tegenwoordig is het een actief centrum voor kennisinstellingen en vooraanstaande industrieën, hoewel er nog veel ontwikkelingspotentieel is.
Viljoen schreef in 1971 het eerste Afrikaans woordenboek over elektronica, later een taalwoordenboek over cybertechnologie. Hij was ook co-auteur van het eerste woordenboek over ruimtetechnologie. Zijn hele leven zou het aanpakken van wetenschappelijke uitdagingen in het Afrikaans een thema blijven.
Viljoens ouders waren beiden afstammelingen van de 180 Franse Hugenoten die na vervolging in Frankrijk in 1688 naar de Nederlandse VOC-Kaapkolonie vluchtten. De nakomelingen van de Hugenoten bekleedden later leidinggevende posities
Categorieën |
---|
Personen |
---|
Heinrich Matthee is in Den Haag directeur van JISR (‘brug’ in het Arabisch) een adviesbureau/denktank. Naast het voeren van onderzoek denkt Matthee strategisch mee met bedrijven actief in het Midden-Oosten en Noord-Afrika.
Op 9 september overleed Zoeloeprins Mangosuthu Buthelezi. Hij speelde een belangrijke rol in het Zuid-Afrika van voor en na de apartheid.
Vandaag is het precies een kwarteeuw geleden dat Merkel in een historisch opiniestuk afrekende met Helmut Kohl en zo de macht binnen de CDU greep.